Alex Omega was ons in-studio guest. Hy was fantasties - eerstens het hy in swart geklee opgedaag, in lyn met die Unhappy Hour se Man in Black worship
en ook omdat hy nou maar eenmaal die original Afrikaner Gothick Kid (die
title van een van sy beste songs) is. Dit was maar die eerste keer in 5 jaar
dat Alex uit sy vrywillige hiding in Stellenbosch na die Kaap toe uitgebreek
het - net die rit Kaap toe met die N1 was vir hom exhilarating. Hy het 'n
great song live gespeel - 'n ou song genaamd 'Lorelei' (dit het voorheen 'n
ander title gehad). Ons het lank met hom gesels en hy't ons vertel van die
verskillende tipe songs wat hy het - 'n Ginseng Psalm is een van hierdie
tipe songs. Dis hoekom sy songs meestal nie titels het nie, hulle pas net in
sekere genres wat hy self geskep het. Hy't ons ook vertel hoe dit Mark
Knopfler was wat hom laat besluit het om ook musikant te word. Verder was
daar staaltjies oor op plase werk in Engeland ("mens is nooit buite in
Engeland nie, selfs as jy buite is is jy nie buite nie"), laatnag 5FM
luister na Barney Simon en Chris Pryor ("dit was 'n lifeline") en die kuns
van die bedroom recording ("as ek nou een ding bemeester het, is dit die
Dictaphone - ek kan vir jou presies sĂȘ hoe pap die batterye moet wees om 'n
sekere tipe distortion te kry"). Die goeie nuus is dat Alex reken dat hy
teen die lente weer so paar live gigs gaan speel, so ons sal julle op hoogte
hou!
1. Bang Bang (Baby Shot Me Down) - Nancy Sinatra
2. If I were a carpenter - Johnny Cash
3. Gettysburg Address - Lambchop
4. Lonelier than this - Steve Earle
5. Where do you go to my lovely? - Peter Sarstedt
6. Lorelei (live) - Alex Omega
7. Ginseng Psalm - Alex Omega
8. Christian Sands - Tricky
9. Two Nations - The Streets
10. T.I.K. - Brasse Vannie Kaap
11. Letters - Marching Band
12. Deadends - Matthew van der Want & Chris Letcher
13. Harlequin Jack - Ella Joyce Buckley
14. Valley of the Snake - The Wild Eyes
15. Ons Land - Radio Kalahari Orkes
16. More Reward - David Kramer
17. Liars' Bar - The Beautiful South
18. Western World - Jim Neversink
19. Fortunate Son - Todd Snider
No comments:
Post a Comment